BVG_Logo
BEAN 07/05 8368 149,00
CORN 07/05 4098,6 72,60
SOYA 07/05 7670 129,00
SUNS 07/05 8985 21,00
WEAT 07/05 5230 41,00
WMAZ 07/05 3600 65,00
YMAZ 07/05 3759,2 65,20
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 30/04 16274 -0,02
Beeste A2/3 30/04 5230 -0,02
Beeste AB2/3 30/04 5097 -0,04
Beeste B2/3 30/04 4691 0,00
Beeste C2/3 30/04 4508 0,00
Ewes (Goats) 30/04 4212 0,12
Feeder Lamb 30/04 4330 -0,07
Kids (under 30kg) 30/04 5517 0,11
Large (above 40kg) 30/04 4212 0,09
Medium (30-40kg) 30/04 4973 -0,02
Pluimvee (Bevrore) 30/04 2743 0,07
Pluimvee (Vars) 30/04 2728 0,11
Pluimvee IQF 30/04 2616 0,15
Skaap A2/3 30/04 8501 -0,02
Skaap AB2/3 30/04 7323 -0,04
Skaap B2/3 30/04 6695 0,00
Skaap C2/3 30/04 5753 0,16
Speenkalf 30/04 3749 0,00
Spekvarke 30/04 2895 -0,03
Varkwors 30/04 2423 0,04
Vleisvarke 30/04 3069 -0,03
V: Raad vir boerdery met Dorpers
Ek begin kommersieel boer met Dorper-swartkoppe en wil weet hoeveel ooie moet ek by 'n ram sit vir teling. Op watter ouderdom kan ek die lammetjie speen van die ma, en van watter ouderdom kan die lammetjie ooi gedek word.
Deur: .03 Mei 2021 44 keer gelees
A. Antwoord
Ek vertrou jy gaan jou Dorpers baie geniet en winsgewend boer. Op jou vraag hoeveel ooie jy vir een ram kan gee. Om optimale produksie te verkry gee ek 30 ooie per ram vir 'n tydperk van ses tot agt weke. 

Ek sal voorstel dat jy jou ram laat toets vir vrugbaarheid voor jy hom by die ooie insit. Probeer ook om jou entingsprogram twee maande voor jou dekseisoen begin, af te handel. Kontak gerus jou plaaslike veearts vir leiding ten opsigte van siektes waarvoor jy in jou omgewing moet ent en raad ten opsigte van betroubare entstowwe vir daardie siektes. 

Ses weke voor jou paarseisoen begin, kan jy die ram ontwurm met 'n goeie doseermiddel wat ook neuswurm insluit. Jy kan jou ooie presies dieselfde behandeling as vir die ramme gee. Om jou ooie na 'n nuwe kamp met goeie voeding te skuif of hulle te help met 'n produksie- of energielek as die veld swak is, sal beslis jou lampersentasie positief beïnvloed. 

Ons speen ons ramlammers op 100 dae en ons ooilammers op 120 dae. Wanneer ons die ooi lammers op 120 dae speen, sit ons dadelik weer die ram by die ooie. Jong ooie word as 'n reël eers op 11 maande gepaar, sodat hulle volwasse is teen lamtyd en ook reeds gewissel het. 

Geskryf deur: 
Charl Saunderson 
03 Mei 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier