BVG_Logo
BEAN 10/07 5597 0,00
CORN 10/07 2338 0,00
SOYA 10/07 6996 64,00
SUNS 10/07 5931,2 13,20
WEAT 10/07 5589 -62,00
WMAZ 10/07 2648 21,00
YMAZ 10/07 2742 15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 03/07 4383 -0,02
Beeste AB2/3 03/07 4301 -0,02
Beeste B2/3 03/07 4105 -0,05
Beeste C2/3 03/07 3864 0,00
Feeder Lamb 03/07 4129 -0,02
Kids (under 30kg) 03/07 3825 0,16
Large (above 40kg) 03/07 3231 0,40
Medium (30-40kg) 03/07 3745 -0,40
Pluimvee (Bevrore) 03/07 2439 0,00
Pluimvee (Vars) 03/07 2424 0,00
Pluimvee IQF 03/07 2308 0,00
She goats 03/07 3486 -0,14
Skaap A2/3 03/07 8247 -0,02
Skaap AB2/3 03/07 6379 -0,03
Skaap B2/3 03/07 5961 0,00
Skaap C2/3 03/07 6165 -0,05
Speenkalf 03/07 2868 0,03
Spekvarke 03/07 2250 -0,04
Varkwors 03/07 1663 -0,24
Vleisvarke 03/07 2358 -0,08
V: Regte keuses rondom hawer sny en baal
Ek het hawer aangeplant vir weiding maar het besluit om die hawer eerder te sny en te baal. Wanneer is die regte tyd om hawer te sny en wat moet die voginhoud wees voor ek dit baal? Wat is die opblaas gevaar by skape as ek die bale met pitte vir skape voer?
Deur: .25 Junie 2020 202 keer gelees
A. Antwoord
1. Wanneer is die regte tyd om hawer te sny?
Die foto dui stoelrog links aan en hawer regs. Die hawer is op die regte stadium om gesny te word, die eerste tekens van saadvorming is daar. Die hawer kan ook ‘n week of 10 dae later gesny word, maar moet geskied voor te veel saad gevorm word. Die stoelrog is in vol saad en dus al te laat om gesny te word.  

2. Wat moet die voginhoud wees voor ek die hawer baal? Die hawer soos op foto kan ±60 % vog in hê (in ‘n jong stadium selfs meer). Na dit gesny is, moet die hawer op die land gedroog word tot dit tussen 10 en 20 % vog in het.  

3. Wat is die opblaas gevaar by skape as ek die bale met pitte vir skape voer? Hawer is nie algemeen bekend vir opblaas nie. Opblaas gebeur op weiding met hoë vog en wat verlep is. Dit gebeur nie eintlik met droë hooi nie.

*Geantwoord deur prof. Chris Dannhauser, ’n onafhanklike veld-en-weidingsbestuurspesialis.
25 Junie 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier