BVG_Logo
BEAN 26/11 6660 -100,00
CORN 26/11 2540 -15,00
SOYA 26/11 8200 -166,00
SUNS 26/11 8500,8 -25,20
WEAT 26/11 4830 -41,00
WMAZ 26/11 3426 28,00
YMAZ 26/11 3388 10,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 20/11 5023 -0,02
Beeste AB2/3 20/11 4833 -0,02
Beeste B2/3 20/11 4470 -0,02
Beeste C2/3 20/11 4321 -0,02
Ewes (Goats) 20/11 3811 -0,03
Feeder Lamb 20/11 3872 0,15
Kids (under 30kg) 20/11 5659 0,04
Large (above 40kg) 20/11 3720 -0,13
Medium (30-40kg) 20/11 5127 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 20/11 2641 -0,08
Pluimvee (Vars) 20/11 2671 -0,07
Pluimvee IQF 20/11 2511 -0,04
Skaap A2/3 20/11 8294 -0,01
Skaap AB2/3 20/11 7166 0,04
Skaap B2/3 20/11 6594 0,03
Skaap C2/3 20/11 6943 -0,07
Speenkalf 20/11 3779 -0,03
Spekvarke 20/11 2993 -0,07
Varkwors 20/11 2480 -0,16
Vleisvarke 20/11 3329 -0,06
V: Regte op 'n huis na egskeiding
As ‘n man en vrou klaar geskei en die saak afgehandel is, maar die uitbetaling aan die ander party nog nie afgehandel is nie, het die party wat uit die huis is, nog enige regte op die huis? Mag die persoon wat op trou staan en by die persoon in bly, die betrokke gedeelte verhuur, of toestemming gee dat iemand daar mag inbly?
Deur: .23 Oktober 2020 161 keer gelees
A. Antwoord
Teen afhandeling van die egskeidingsaksie word dikwels ‘n skikkingsooreenkoms geteken waarin die regte en verpligtinge van beide partye uiteengesit word. Meestal sal slegs een van die partye verblyfreg ten opsigte van die eiendom verkry en die ander party sal byvoorbeeld ‘n bedrag uitbetaal word. 

Die eggenoot wat verblyfreg verkry, sal met die eiendom kan doen wat hy/sy wil, tensy daar anders in die skikkingsooreenkoms bepaal is. Die party wat “uit die huis uit is” sal meestal nie meer seggenskap oor die eiendom hê nie. Indien enige regte ten opsigte van betaling byvoorbeeld aan die party wat die huis verlaat, toegeken word, kan hierdie eggenoot sy/haar regte uiteengesit in die skikkingakte afdwing. 

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad
23 Oktober 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier