V: Resep vir afronding met blaarkopmeel
Ek soek na ’n resep om lammers in ’n voerkraal met blaarkopmeel af te rond. Wat behoort hulle groei per dag te wees oor 60 dae?
Deur: .29 Maart 2021
121 keer gelees
A. Antwoord
Die verhouding van mielies tot ruvoer in blaarkopmeel kan redelik wissel, maar die duimreël is gewoonlik ’n verhouding van 70:30. Omdat energie effens ingeboet word, kan ’n maksimum GDT van 280-300 g/dag verwag word.
29 Maart 2021
Hier is ’n tipiese groeirantsoen vir voerkraallammers:
200 kg Voermol SS200
75 kg Voermol Procon 33
760 kg blaarkopmeel
40 kg Voermol Melassemeel
50 kg lusernhooi
Voer ad lib. ná aanpassing. Voer addisionele hooi ook tydens ’n 14 dae aanpassing.
Geantwoord deur Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere.
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier