V: Resep vir skaapvoer met koringsaad
Wat moet ek saam met koring meng om dit vir skape te voer sodat hulle nie diarree kry en vrek nie? Ek het 20 ton koringsaad.
Deur: .30 Maart 2021
133 keer gelees
A. Antwoord
Kleingrane, veral koringsaad, se energie is hoogs beskikbaar. As dit nie reg gevoer word nie, kan diere maklik suurpens kry. Dit word aanbeveel dat koring heel gevoer moet word en hoogstens 50% van die energiebron moet uitmaak.
30 Maart 2021
Wanneer hoër insluitingsvlakke gebruik word, word die insluiting van doeltreffende buffers al hoe belangriker.
Gebruik Voermol Landelek, ‘n klaargemengde lek spesifiek ontwikkel vir die veilige benutting van mieliereste, weimielies en kleingraanreste waar daar nog baie pitte sigbaar is.
Hierdie produk bevat kwaliteit buffers en medikamente wat suurpens voorkom. Verder spreek dié produk proteïen- en mineraaltekorte, wat tipes op voere met hoë energie voere voorkom ook aan.
Voedinginstruksies
Om suurpens te beperk moet skape ten minste 14 dae voordat hulle die koringsaad optimaal kan benut, vrye toegang tot Voermol Landelek hê. Voer Voermol Landelek teen 200 g/skaap/dag.
Voer ook koringsaad daagliks op die veld en vermeerder geleidelik oor die 14 dae soos volg:
Dag Koringsaad (g/skaap/dag)
Geantwoord deur Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere.
1 – 2: 200
3 – 4: 300
5 – 6: 400
7 – 8: 500
9 – 10: 600
11 – 12 700
13 – 14: 800
15 Voer koring ad lib met ad lib ruvoer/veld beskibaar. Klik hier vir meer inligting oor Landelek.
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier