BVG_Logo
BEAN 20/09 5080 54,00
CORN 20/09 2182,4 23,40
SOYA 20/09 5781 10,00
SUNS 20/09 5481 30,00
WEAT 20/09 4687 0,00
WMAZ 20/09 2874,8 42,80
YMAZ 20/09 2735 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Skade van voertuig deur perd op deurpad
Ek was onlangs in ‘n ongeluk betrokke met my buurman se perd op ‘n deurpad na my plaas. Dit is ‘n gang wat gespan is tussen twee kampe, die bosse is dig begroei langs die pad en perde staan agter bosse en hardloop dikwels voor my bakkie in as ek verby ry. My vraag is: wie is verantwoordelik vir die skade aan die bakkie?
Deur: .06 Augustus 2019 424 keer gelees
A. Antwoord
U kan ‘n eis op twee gronde teen die buurman instel; ‘n eis gebaseer op sy nalatigheid deur nie die perde van die pad weg te hou nie; asook ‘n eis gebaseer op die gemeenregtelike Actio de Pauperie wat op diere se gedrag en optrede betrekking het. 

By die Actio de Pauperie kan die “Pauperie Expectation Rule” ingesluit word wat beteken dat die gedrag van die perd so onverwags en ongewoon en verrassend was dat geen redelike persoon die botsing sou kon voorsien nie. 

Die vereistes om te slaag met die Actio de Pauperie is dat daar ‘n optrede deur die perd moes wees (hy het hier voor u voertuig inbeweeg). Tweedens dat daar ‘n verband tussen die perd se optrede en die skade aan u voertuig moet bestaan (dit is die optrede van die perd wat die skade aan u voertuig veroorsaak het). 

 U behoort dus met ‘n eis teen die buurman te slaag vir die skade aan u voertuig, indien bogenoemde vereistes teenwoordig was. Dit blyk heel moontlik die geval te wees.  

Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
06 Augustus 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier