BVG_Logo
BEAN 27/10 6470,8 -9,20
CORN 27/10 2682,4 -0,60
SOYA 27/10 8550 0,00
SUNS 27/10 8105,2 -15,80
WEAT 27/10 4904 0,00
WMAZ 27/10 3750 -50,00
YMAZ 27/10 3615 -44,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 23/10 4986 0,00
Beeste AB2/3 23/10 4771 0,00
Beeste B2/3 23/10 4424 0,00
Beeste C2/3 23/10 4186 -0,02
Ewes (Goats) 23/10 4556 -0,73
Feeder Lamb 23/10 4154 0,02
Kids (under 30kg) 23/10 6194 -0,16
Large (above 40kg) 23/10 3682 0,54
Medium (30-40kg) 23/10 4877 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 23/10 2549 0,00
Pluimvee (Vars) 23/10 2491 0,00
Pluimvee IQF 23/10 2380 0,00
Skaap A2/3 23/10 8636 0,02
Skaap AB2/3 23/10 7376 0,04
Skaap B2/3 23/10 6783 0,00
Skaap C2/3 23/10 6717 0,01
Speenkalf 23/10 3659 0,00
Spekvarke 23/10 2903 -0,07
Varkwors 23/10 2302 -0,31
Vleisvarke 23/10 3185 -0,09
V: Slakbeheer in groentetonnels
Ons is beginner-groenteboere en het ses groentetonnels in die Oos-Vrystaat. Ons het nou vir die eerste keer blaarslaai geplant. Die plante is pragtig en groei baie goed maar ons het ‘n probleem met slakke. Ons het Snailban gestrooi, ons gooi baie fyngemaakte eierdoppe op die grond maar die slakke bly ons voor. Wat stel u voor vir ons om te doen?
Deur: .30 September 2020 318 keer gelees
A. Antwoord
Die eerste beginsel is om die slakke uit die tonnels te hou en dus is die beste aanslag om slaklokaas buite teen die tonnel se wande in ‘n nou band aan te wend; dieselfde kan gedoen word aan die binnekant. Dan is dit ook ‘n goeie beginsel om slaklokaas in vlak plastiekbakke tussen die rye slaai neer te sit as dit die korreltipe is. 

Die lokaas wat na my mening die beste in sulke gevalle werk waar slakke nie soseer deur die korrels afgeskrik word nie, is Scatterkill for Snails (registrasienommer L5058, bevat metaldhied (VERSIGTIG) en geregistreer deur Effecticide (Pty) Ltd, Posbus 38273, Booysens, 2016). Dit is ‘n fyn semellokaas wat liggies tussen die rye in die laatmiddag gestrooi moet word (nie op die slaaiplante nie). Dit is hoogs aanloklik vir dop- en naakslakke en vernietig hulle baie vining. Een of twee aanwendings sal die bevolking baie vinnig uitwis.  

Geskryf deur: 
Dr Gerhard H Verdoorn 
Direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum 
082 446 8946 
30 September 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier