BVG_Logo
BEAN 27/10 6470,8 -9,20
CORN 27/10 2682,4 -0,60
SOYA 27/10 8550 0,00
SUNS 27/10 8105,2 -15,80
WEAT 27/10 4904 0,00
WMAZ 27/10 3750 -50,00
YMAZ 27/10 3615 -44,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 23/10 4986 0,00
Beeste AB2/3 23/10 4771 0,00
Beeste B2/3 23/10 4424 0,00
Beeste C2/3 23/10 4186 -0,02
Ewes (Goats) 23/10 4556 -0,73
Feeder Lamb 23/10 4154 0,02
Kids (under 30kg) 23/10 6194 -0,16
Large (above 40kg) 23/10 3682 0,54
Medium (30-40kg) 23/10 4877 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 23/10 2549 0,00
Pluimvee (Vars) 23/10 2491 0,00
Pluimvee IQF 23/10 2380 0,00
Skaap A2/3 23/10 8636 0,02
Skaap AB2/3 23/10 7376 0,04
Skaap B2/3 23/10 6783 0,00
Skaap C2/3 23/10 6717 0,01
Speenkalf 23/10 3659 0,00
Spekvarke 23/10 2903 -0,07
Varkwors 23/10 2302 -0,31
Vleisvarke 23/10 3185 -0,09
V: Stres in Dorpers
Ons het ses weke terug 'n kudde dragtige Dorperooie by ons Meatmasters aangekoop. Hulle is per trok van die Kalahari na Lichtenburg vervoer. Hulle is in baie goeie kondisie op die oog af. Sedert hulle aankoms hier is 16 gesonde lammers gebore, waaronder twee tweelinge. Twee tweelinge is dood gebore. Twee tweelinge waarvan een groot lam en een klein lam is gebore waarvan die groter een van die twee binne 24 uur dood is. Albei het gesukkel om op te staan. Eerste drinkslag goed gedrink en daarna opgehou drink. Hulle is met 'n bottel skaapmelk wat van die ma gemelk is gevoer. In beide gevalle is die groot lammers wat dood is tweede gebore, omtrent 'n uur uitmekaar. Die groter lammers het prematuur voorgekom in kopvorm, gedrag en huidbedekking. Een tweeling en 'n enkeling is geaborteer. Nog 'n tweeling is dood. Die een is doodgebore en die tweede een se voorbene het 'n effense abnormaliteit getoon. Hy het andersins gesond gelyk maar is twee dae later dood in die veld aangetref toe ons die trop ingebring het vir oornag. Sou dit stresverwant wees as gevolg van die skuif of kan dit siekteverwant wees?
Deur: .30 September 2020 334 keer gelees
A. Antwoord
My ondervinding met Dorpers is dat ooie baie maklik aborteer na stres: ontwatering, oorverhitting, voedingstekorte. 

 Ek verklaar dit so: Skape wat woestynaangepas is (Persies) se prioriteit is oorlewing en omdat laktasie groot hoeveelhede voedingstof en water benodig, is hulle geneig om vir oorlewing liewer af te gooi en weer te probeer. Hulle is ook minder seisoengebonde as bv. Merino of Britse rasse. 

Lees ook: Stres in diere

 Geskryf deur: Dr. Johan van Rooyen, Kleinveekonsultant, Steynsburg (flocprotec@gmail.com)
30 September 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier