BVG_Logo
BEAN 21/02 4977 0,00
CORN 21/02 2255,4 -9,60
SOYA 21/02 5905 10,00
SUNS 21/02 5300 83,00
WEAT 21/02 4747 10,00
WMAZ 21/02 2659 6,00
YMAZ 21/02 2548 -30,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 21/02 4638 0,00
Beeste AB2/3 21/02 4512 -0,02
Beeste B2/3 21/02 4200 0,00
Beeste C2/3 21/02 4009 0,00
Feeder Lamb 21/02 3333 0,00
Goats < 30kg 03/01 4210 0,00
Goats > 45kg 03/01 3971 0,00
Goats 30-45kg 03/01 3771 0,00
Goats Ewes 03/01 3296 0,00
Pluimvee (Bevrore) 21/02 2696 -0,04
Pluimvee (Vars) 21/02 2705 0,11
Pluimvee IQF 21/02 2416 0,08
Skaap A2/3 21/02 7217 0,01
Skaap AB2/3 21/02 5644 -0,05
Skaap B2/3 21/02 5502 0,04
Skaap C2/3 21/02 5154 -0,02
Speenkalf 21/02 3146 0,10
Spekvarke 21/02 2475 0,00
Varkwors 21/02 1865 0,00
Vleisvarke 21/02 2607 0,08
V: Teef soog ander hondjies
My hondeteef het kleintjies gekry. Die teef het melk gehad en haar kleintjies gevoed vir omtrent 3 weke. Die teef se ma het haar besorg oor die kleintjies en het ook melk gekry. Die ma het heeltemal opgedroog van melk en die ouma gee melk. Dit is die tweede keer wat dit gebeur. Die vorige keer het sy ‘n ander teef se kleintjies gevoed. Dit is Jack Russells. Kan u dit verklaar?
Deur: .26 Julie 2019 538 keer gelees
A. Antwoord
Hierdie ouer teef is duidelik 'n baie goeie ma! Dit is normaal in honde dat tewe wat nie gesteriliseer is nie, steeds hoë vlakke van die hormoon progesteroon vrystel (die swangerskap-hormoon) tydens hulle voortplantingsiklusse. 

Dit is hoekom dit redelik algemeen is dat tewe skynswangerskappe kry - hulle kry melk en tree op soos tewe met kleintjies, al het hulle nie kleintjies nie. 

 Teoreties kan enige ongesteriliseerde teef begin melk produseer wanneer die hormoon oksitosien vrygestel word. Oksitosien-vrystelling word gestimuleer wanneer die kleintjies aan die tepels suig. Sodra die kleintjies begin suig, produseer die teef meer oksitosien en so gaan dit aan totdat die kleintjies gespeen word. 

Wanneer die tepels nie gestimuleer word nie, hou die teef op melk produseer. In hierdie geval, het die kleintjies moontlik al hoe meer aan die ouma begin drink en nie meer aan die ma nie en het die ma gevolglik opgedroog. 

Hoekom hulle opgehou het om by die ma te drink, is nie duidelik nie - dalk het die ouma meer tepels of meer melk gehad, of dalk het sy hulle gemakliker laat voel, maar dit sal net die kleintjies kan antwoord!  

Geskryf deur: 
Dr Quixi Sonntag (BVSc)(Hons) PGCHE 
Lektor: Etiologie, Welsyn, Voeding, Gedragsmedisyne Gemeenskapsbetrokkenheid 
Departement van Geselskapdiere 
Fakulteit Veeartsenykunde 
Universiteit van Pretoria
26 Julie 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier