BVG_Logo
BEAN 20/09 5080 54,00
CORN 20/09 2182,4 23,40
SOYA 20/09 5781 10,00
SUNS 20/09 5481 30,00
WEAT 20/09 4687 0,00
WMAZ 20/09 2874,8 42,80
YMAZ 20/09 2735 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Hoekom is my vye binne droog?
Hoekom sal ons vye al vir drie jaar in 'n ry droog bly in die binnekant? Hulle kry gereeld water, maar hulle staan in sanderige grond in die son. Kan dit die hitte wees of dat die grond vinnig uitgeloog word van voedingstowwe? Ons bly buite Polokwane in Limpopo op 'n plot.
Deur: CHRISTELLE BOTHA05 November 2018 5081 keer gelees
A. Antwoord
Vye wat droog is aan die binnekant is as gevolg van droeë toestande tydens rypwording of as dit baie warm is. Ek vermoed dat die sandgrond waarin die vye geplant is te vinnig uitdroog. 

Verhoog die waterhouvermoeë van die grond deur baie kompos in te werk of benat die vye meer gereeld. 'n Deklaag van strooi, of iets wat die grond teen uitdroging beskerm, kan ook baie help. 

Wanneer die grond natgemaak word, maak seker dat genoeg water gegee word. Die grond moet minstens tot 50cm diep benat word. 

Vermy oormatige stikstofbemesting wanneer die vye begin ryp word. 

Gebruik KAN-kunsmis tydens en net na blom. Dien sowat 300 gram voor blom en direk na blom per boom toe.

Nog 'n moontlike rede vir die droeë vye is dat u 'n mannetjiesplant het (dit is nou as daar nie nog ander vye naby is nie) en die plant nie kruisbestuif word nie. Plant nog 'n boom en maak seker dat die kwekery  'n "wyfie-boom" verkoop. Dié raad kom van 'n ou vyekenner en ek weet nie hoe waar dit is nie.

*Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: Grondkunde, Universiteit Stellenbosch.
10 Januarie 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier