BVG_Logo
BEAN 28/02 4960 0,00
CORN 28/02 2232 0,00
SOYA 28/02 6130 135,00
SUNS 28/02 5341 81,00
WEAT 28/02 4861 31,00
WMAZ 28/02 2528 -55,00
YMAZ 28/02 2442 -15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 21/02 4638 0,00
Beeste AB2/3 21/02 4512 -0,02
Beeste B2/3 21/02 4200 0,00
Beeste C2/3 21/02 4009 0,00
Feeder Lamb 21/02 3333 0,00
Goats < 30kg 03/01 4210 0,00
Goats > 45kg 03/01 3971 0,00
Goats 30-45kg 03/01 3771 0,00
Goats Ewes 03/01 3296 0,00
Pluimvee (Bevrore) 21/02 2696 -0,04
Pluimvee (Vars) 21/02 2705 0,11
Pluimvee IQF 21/02 2416 0,08
Skaap A2/3 21/02 7217 0,01
Skaap AB2/3 21/02 5644 -0,05
Skaap B2/3 21/02 5502 0,04
Skaap C2/3 21/02 5154 -0,02
Speenkalf 21/02 3146 0,10
Spekvarke 21/02 2475 0,00
Varkwors 21/02 1865 0,00
Vleisvarke 21/02 2607 0,08
V: Vee: Belastingvoordele van standaardwaardes

Na afleiding van ’n artikel in Landbouweekblad oor kontrakvoedingdienste wat voerkrale aanbied, het ek ’n sekere voerkraal gekontak om te hoor hoe kontrakvoeding werk.

Hulle eerste vraag was, doen ek dit vir beleggingsdoeleindes of vir belastingdoeleindes.

Soos ek verneem, is die standaard (belasting) waardes van vee R50 (of R60?) per kop vir bees en R4 (of R5?) per kop vir skaap aan die einde van die boekjaar?

Kan u asb meer inligting deel van hoe hierdie ’n belasting voordeel kan inhou? Ontvang mens ’n aftrekking op jou inkomste-belasting wat lei tot ’n vasgestelde verlies (wat beteken ons hoef nie belasting te betaal nie) of kry mens ’n terugbetaling vanaf die SAID vir ’n sekere rede?

Watter effek het hierdie standaardwaardes op openingsvoorraad teenoor eindvoorraad?

Deur: Krige19 Julie 2019 2151 keer gelees
A. Antwoord

Die sogenaamde standaardwaardes vir vee is baie jare gelede deur die SAID ingestel om ’n standaard basis vir veewaardes onder alle boere te kry. Dit was destyds ’n realistiese markwaarde maar dit is nooit weer daarna aangepas nie omdat dit dan ’n “kunsmatige” verhoging in belasbare inkomste sou veroorsaak en dit het toe mettertyd aansienlik agter geraak. 

Die gewone som om belasbare inkomste uit vee te bereken is: Verkope – Aankope – Beginvoorraad + Eindvoorraad. In die jaar wat jy die vee aankoop vir bv R500 000.00 (100 kalwers teen R5000) kan jy die aankope aftrek maar dan kom daardie einste kalwers teen R400 (100 x R4) as eindvoorraad in jou inkomstestaat en veroorsaak dit dus ’n belastingverlies van R499600,00. 

Die situasie draai egter om wanneer jy die kalwers weer verkoop want dan is die beginvoorraad wat jy kan aftrek maar R400 en die verkope weer R500 000,00 (as die waarde dieselfde bly) en sal die belasbare inkomste vir daardie jaar dan R499 600,00 wees. 

Standaardwaardes van beeste en skape:

 

BEESTE         Bulle

R 50.00

                       Osse

R 40.00

                       Koeie

R 40.00

                       Tollies en verse: 2-3 jaar

R 30.00

                       Tollies en verse: 1-2 jaar

R 14.00

                       Kalwers

R 4.00

SKAPE           Hamels

R 6.00

                       Ramme

R 6.00

                       Ooie

R 6.00

                       Gespeende lammers

R 2.00


* Geskryf deur dr. Philip Theunissen van Computus Bestuursburo, Bethlehem.


12 September 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier