BVG_Logo
BEAN 26/11 6660 -100,00
CORN 26/11 2540 -15,00
SOYA 26/11 8200 -166,00
SUNS 26/11 8500,8 -25,20
WEAT 26/11 4830 -41,00
WMAZ 26/11 3426 28,00
YMAZ 26/11 3388 10,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 20/11 5023 -0,02
Beeste AB2/3 20/11 4833 -0,02
Beeste B2/3 20/11 4470 -0,02
Beeste C2/3 20/11 4321 -0,02
Ewes (Goats) 20/11 3811 -0,03
Feeder Lamb 20/11 3872 0,15
Kids (under 30kg) 20/11 5659 0,04
Large (above 40kg) 20/11 3720 -0,13
Medium (30-40kg) 20/11 5127 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 20/11 2641 -0,08
Pluimvee (Vars) 20/11 2671 -0,07
Pluimvee IQF 20/11 2511 -0,04
Skaap A2/3 20/11 8294 -0,01
Skaap AB2/3 20/11 7166 0,04
Skaap B2/3 20/11 6594 0,03
Skaap C2/3 20/11 6943 -0,07
Speenkalf 20/11 3779 -0,03
Spekvarke 20/11 2993 -0,07
Varkwors 20/11 2480 -0,16
Vleisvarke 20/11 3329 -0,06
V: Veldbrande en lewende hawe: Veterinêre riglyne
Veldbrande kan dikwels groot gebiede raak en vee kan ernstig beseer word of hul lewens verloor. Hoe help ek diere wat beseer word in brande?
Deur: .30 Oktober 2020 401 keer gelees
A. Antwoord
In die nadraai van veldbrande is spoedeisende en gepaste verstandige optrede noodsaaklik om verliese en dierelyding te beperk. Diegene wat boere behulpsaam is, en vee-eienaars moet as ’n span saamwerk om die beste uitkomste te behaal. 

As die betrokke gebied ’n rampbestuursplan en -span het, is dit die beste manier om reaksies te koördineer. As daar nie so ’n plan is nie, behoort ’n rampbestuursplan vir die gebied ingestel te word vir toekomstige gebruik. 

Vir vee hang die prognose af van die erns van die brandwonde. Dit is noodsaaklik om die assessering van die betrokke diere sistematies te doen. Gegrond op navorsing wat in Australië gedoen is, behoort diere in drie groepe ingedeel te word, naamlik diere wat lig, matig of ernstig geraak. 

Diere wat lig geraak is 
Hierdie diere sal maklik en normaal asemhaal, met min of geen hoes of kortasemheid nie. Die diere sal maklik kan loop en normaal kan eet en drink. Hare of wol kan geskroei wees en die vel kan slegs liggies geskroei wees (eerstegraadse brandwonde) oor beperkte gedeeltes van die liggaam. 

Hierdie matige, oppervlakkige brandwonde kan behandel word en as diere goeie sorg, skuiling, voer en water kry, is die prognose baie goed. 

Matige gevalle 
Hierdie diere kan kortasem wees, swaar asemhaal en hoes, maar steeds daartoe in staat wees om te loop, te staan en te vreet en drink. Hulle kan ernstiger wonde (tweedegraadse wonde) oor groter gedeeltes en reaktiewe onderhuidse swelling toon. 

Die vel op die diere se pote kan matig geaffekteer wees of glad nie. Hoewe kan ’n mate van skade toon. As hierdie diere behoorlik behandel en versorg word tot hulle op die pad na volkome herstel is, is hul prognose goed. Die besluit om diere intensiewer te behandel moet geneem word met inagneming van sekere faktore. 

Die getal diere, die beskikbaarheid van gepaste medikasie, die aantal verantwoordelike mense wat beskikbaar is om daaglikse evaluasies en behandelings uit te voer, die koste wat betrokke is en die waarde van die diere is alles faktore wat in ag geneem moet word.  

Skade aan speenopenings kan daartoe lei dat vroulike diere in die toekoms nie daartoe in staat sal wees om kalwers, lammers of boklammers te voed nie. 

Diere wat ernstig geraak is 
Hierdie groep sal gewoonlik ernstige asemhalingsprobleme toon en hoes weens die inasem van rook en/of nie kan loop, vreet of drink nie. Daar kan ernstige (derdegraadse) brandwonde oor verspreide areas wees, terwyl ernstige brandwonde op die laer bene ’n besonder slegte teken is. 

Aangesien die prognoses in dié gevalle swak is, selfs met besonder goeie behandeling, word rasionale en menswaardige genadedood aanbeveel om ’n einde aan lyding te bring. 

Behandeling 
Die toewysing van gevalle aan dié drie kategorieë is noodwendig ietwat subjektief en dit moet gemaak word met inagneming van die diere asook die eienaars se beste belang. Die getal diere, die beskikbaarheid van gepaste medikasie, die aantal verantwoordelike mense wat beskikbaar is om daaglikse evaluasies en behandelings uit te voer, die koste wat betrokke is, en die waarde van die diere is alles faktore wat in ag geneem moet word. 

Diere wat nie op behandeling reageer nie, moet moontlik na ’n laer kategorie toegewys word. Behandelings sal onderhewig wees aan die besluite van veeartse, maar die volgende kan van hulp wees: 

• Vir ligte tot matige brandwonde moet aktuele versagmiddels, rome, wondsalf of antiseptiese middels oorweeg word. Vir ernstige wonde by baie waardevolle diere word geregistreerde produkte aanbeveel. 

• Sistemiese antibiotika word sterk aanbeveel vir alle gevalle waar die longe beskadig is, of waar ’n sekondêre infeksie ’n gevaar is. Baie lewens kan só gespaar word. Analgetika kan waar moontlik ingespan word om die ernstige pyn wat deur brandwonde veroorsaak word, te verlig. As ’n dier wat met analgetika behandel is, doodgaan, kan die karkas egter ’n bedreiding vir aasvoëls inhou en daarom moet daar op ’n veilige manier van die karkas ontslae geraak word.

Ondanks oënskynlike swak prognoses, kan sommige diere herstel as hulle goed versorg word en die gepaste behandeling ontvang, waaronder beskermde verbande, antiseptiese middels, beddegoed, kos en water. Die hoef kan weer binne ’n paar weke vorm, hoewel dit tot ’n mate misvorm kan wees. 

Noodslag
Slegs lewende hawe wat aan die vleisveiligheidsregulasies voldoen ten opsigte van die vereistes vir die aanvaarding van diere vir noodslag, mag vervoer word. Erg beseerde en onvanpaste diere mag onder geen omstandighede na abattoirs vervoer word nie, aangesien dit tot onnodige lyding en verwerping by die abattoir sal lei. 

Konsulteer vooraf met die naaste abattoir om te bepaal of lewende hawe gepas is vir slag.  

Prof. Gareth Bath is die voorsitter van die koördineringskomitee vir die welsyn van lewende hawe (LWCC). 

30 Oktober 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier