BVG_Logo
BEAN 16/09 5052,4 13,40
CORN 16/09 2145 18,00
SOYA 16/09 5735 75,00
SUNS 16/09 5273 8,00
WEAT 16/09 4640 81,00
WMAZ 16/09 2788 19,00
YMAZ 16/09 2659 21,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Verbouing van pekanneutbome
Is daar 'n moontlikheid tot 'n suksesvolle pekaneutboerdery in die Oos-Rand, Gauteng?
Deur: .26 Julie 2019 838 keer gelees
A. Antwoord
Ek kan hier die kort antwoord gee, ja dit sal daar aard. Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie. Daar is heelwat faktore wat dit bepaal.  

1. Klimaat 
Pekanneute kan in 'n warm semi-ariede klimaat verbou word mits daar genoegsame water vir besproeiing is. So word daar tans heel suksesvol pekanneute in die Vaalharts-besproeiingskema verbou. 

Ek is van mening dat die klimaat in Gauteng, Vrystaat en gedeeltes van Noordwes geskik is vir die verbouiing van pekanneute. Pekanneute is tot 'n mate ryp verdraagsaam, maar kan deur tye waar baie dae met ryp voorkom, beskadig word. Daar is maatreëls wat getref kan word om rypskade te verhoed. 

Areas met kort winters en lang warm somers is meer geskik vir pekanneutverbouiing. Die bome vaar swak in areas met koel somers. Gemiddelde somertemperature moet hoër as 28 grade Celsius wees en winter dae se gemiddelde temperature laer as 23. Onder baie vogtige klimaatstoestande kan die bome onderhewig wees aan siektes. 

2. Grondvereistes  
Gronde vir pekanneutverbouiing moet verkieslik diep (2m) en goed gedreineer wees. Die bome doen beter op die meer sanderige tot leemgronde, maar kan ook op ligte kleigronde groei wat goed gedreineer is. 

Die heel belangrikste vereiste is goed gedreineerde gronde. Maak 'n profielgat (dieper as 2m) in die area waar u beplan om die bome te vestig en kyk veral hoe lyk die ondergrond. 

Grys en geelvleke is 'n aanduiding dat die grond vir lang tydperk versuip is (swak dreinering) en moet liefs nie gebruik word nie. Rooi en bruin ondergrond dui op goeie dreinering. 

Indien u nie seker is nie, kry die hulp van 'n spesialis, 'n grondkundige. Let asseblief daarop dat indien u kundiges wil gebruik, maak seker of hulle SARNAP (Eng. SACNASP) akkreditasie het. 

3. Grondchemie 
'n Volledige grondontleding van die bo- en ondergrond is essensieel. Toets vir al die hoofkatione en ook vir spoorelemente (mikro-elemente) sodat tekorte voor plant reggestel kan word. Die grond se pHwater moet tussen 5.5 en 6.5 wees. 

Indien dit laer is, gebruik 'n kundige om 'n aanbeveling vir landboukalk te maak. Die grond se fosforvlakke moet ook bepaal en reggestel word indien nodig. 

Die ameliorante moet verkieslik diep met die grond vermeng word en verkieslik ses maande voor die beplande plantdatum. Grond moet verkieslik tot 700 mm diep losgemaak word om voldoende wortelgroei vir die leeftyd van die gewas te verseker. 

Moet nie gedurende die eerste twee jaar enige trekkerverkeer in die boorde toelaat nie. Bemesting vind eers van jaar twee af plaas. Jaarlikse bemesting aanbevelings na die eerste jaar moet deur 'n kundige voorgeskryf word. 

4. Besproeiing 
Hierdie is die belangrikste aspek want pekanneute het 'n hoë waterbehoefte. Voldoende hoeveelheid water van `n goeie gehalte is nodig vir suksesvolle pekanneutverbouiing. Die waterbehoefte van pekanneute gaan afhang van die plaaslike klimaat, selfs die mikroklimaat. 

Kry asseblief 'n deskundige se hulp hier om vir u 'n besproeiingsprogram uit te werk. Drupbesproeiing word tans baie effektief in pekanneutverbouing gebruik en bespaar baie water. 

Ek is nie 'n hortoloog nie en gaan dus nie oor die verbouiing enige aanbeveling gee nie. Ek weet dat daar 'n verskeidenheid van kultivars is, maar watter een die beste onder die bepaalde toestande gaan werk weet ek nie. Kry deskundige hulp hiervoor. 

Geskryf deur:
Dr Eduard Hoffman
Voorsitter: Departement Grondkunde 
Universiteit Stellenbosch
021 808 4789
26 Julie 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier