BVG_Logo
BEAN 23/08 5269 0,00
CORN 23/08 2152 -28,00
SOYA 23/08 5617 0,00
SUNS 23/08 5561 0,00
WEAT 23/08 4610 -8,00
WMAZ 23/08 2763,2 -39,80
YMAZ 23/08 2670 -27,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Verspreiding en oorlewing van die bek-en-klouseervirus
Hoe versprei bek-en-klouseer en hoe lank kan die bek-en-klouseervirus oorleef?
Deur: .08 Mei 2018 2176 keer gelees
A. Antwoord
Klassifikasie van die bek-en–klouseervirus (BKV) 

‘n Virus van die familie Picornaviridae, genus Aphthovirus. Daar is 7 serotipes wat immunologies onderskei kan word: A,O,C, SAT 1, SAT 2,SAT 3 en Asië 1. Hulle verskaf nie kruisimmuniteit met mekaar nie. Mutasies geskied en nuwe BKV variante ontstaan. 

Bronne van die bek-en-klouvirus (BKV) 

•Diere in die inkubasieperiode en wat klinies geaffekteer is.
•Asem, spoeg, mis en urine, melk en semen tot 4 dae voor kliniese tekens gesien word.
•Vleis en byprodukte waarvan die pH bokant 6 gebly het.
•Draerdiere: herstelde of geënte diere asook blootgestelde diere waar die BKV in die bekholte (orofarinks) vir meer as 28 dae kan oorleef.
•Die persentasie van draers in beeste wissel tussen 15 en 50%
•Die draerstatus in beeste duur gewoonlik nie langer as 6 maande nie. Daar is wel ‘n klein persentasie van diere wat tot 3 jaar positief kan bly. •Mak buffels, skape en bokke dra die BKV gewoonlik nie langer as ‘n paar maande nie. Die Afrikabuffel is die vernaamste onderhoudsgasheer van die SAT serotipes en kan die virus vir ten minste 5 jaar huisves. •Omstandigheidsgetuienis wys daarop dat draers die infeksie mag versprei na vatbare diere wat in noue kontak is – die meganisme van verspreiding is onbekend.

Die vraag word dikwels gevra hoe lank die virus, wat bek-en–klouseer veroorsaak, kan oorleef. 

Die volgende toestande het ‘n invloed op die oorlewing van die virus. 

Temperatuur

Die virus word bewaar deur verkoeling en bevriesing. Die virus word gou vernietig by temperature bokant 50°C. Deur vleis te verhit tot ‘n minimum temperatuur van 70°C vir ten minste 30 minute word die virus geïnaktiveer.

Suurgehalte 

Die virus word ook gou geïnaktiveer by pH ?6.0 of ?9.0 

Ontsmettingsmiddels 

Geïnaktiveer deur natriumhidoksied (2%); natriumkarbonaat (4%); sitroensuur (0,2%); asynsuur (2%); natriumhipochloriet; kaliumperoksiemonosulfaat/natriumchloried (1%) en chloordioksied. 

Weerstandig teen iodofore, kwaternêre ammonium middels en fenole veral in die teenwoordigheid van organiese materiaal. 

Oorlewing in weefsel 

Die virus oorleef in limfknope en beenmurg by neutrale pH 7, maar word vernietig in die spiere by pH <6.0 bv. na rigor mortis (nadoodse sametrekking van spiere). Die virus oorleef in gevriesde beenmurg of limfknope.

Oorlewing in melk

Virus kan in melk en melkprodukte oorleef tydens normale pasteurisasie, maar word geïnaktiveer tydens ultra hoë temperatuur pasteurisering.

Uitdroging 

Oorleef uitdroging, maar kan oorleef vir dae en weke in organise materiaal as dit klam bly onder koel temperature. Oorleef ook in besmette voer en omgewing tot ‘n maand afhangende van die temperatuur en pH toestande.

Geskryf op 7 September 2015 deur dr. Faffa Malan uit inligting verkry van die OIE se webblad. 

07 Junie 2018
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie. BELANGRIK: Sluit jou eposadres én telefoonnommer in om te verseker dat jou vraag beantwoord word.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier