BVG_Logo
BEAN 07/05 8368 149,00
CORN 07/05 4098,6 72,60
SOYA 07/05 7670 129,00
SUNS 07/05 8985 21,00
WEAT 07/05 5230 41,00
WMAZ 07/05 3600 65,00
YMAZ 07/05 3759,2 65,20
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 07/05 16414 -0,01
Beeste A2/3 07/05 5194 0,02
Beeste AB2/3 07/05 5101 0,00
Beeste B2/3 07/05 4721 -0,02
Beeste C2/3 07/05 4468 0,02
Ewes (Goats) 07/05 4458 -0,13
Feeder Lamb 07/05 4417 -0,05
Kids (under 30kg) 07/05 6167 -0,19
Large (above 40kg) 07/05 3964 0,15
Medium (30-40kg) 07/05 4771 0,08
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2776 -0,04
Pluimvee (Vars) 07/05 2743 -0,04
Pluimvee IQF 07/05 2614 0,00
Skaap A2/3 07/05 8563 -0,01
Skaap AB2/3 07/05 7451 -0,03
Skaap B2/3 07/05 6660 0,02
Skaap C2/3 07/05 6273 -0,14
Speenkalf 07/05 3740 0,00
Spekvarke 07/05 2869 0,03
Varkwors 07/05 2390 0,04
Vleisvarke 07/05 2979 0,10
V: Voer van garsspruite (groenvoer) vir kalwers
Ek wil speenkalwers voer op die veld en nie in ‘n voerkraal nie. Ek wil groenvoer (garsspruite) voer 10-15 kg “greenfeed” / dag / kalf. Ek wil 100 kg / speenkalf in die vinnigste moontlike tyd laat toeneem in gewig. Is “greenfeed” die antwoord saam met weiding en die nodige veelek. Ek beplan om groenvoer aan ligte kalwers te voer, is dit ’n goeie plan?
Deur: .20 Januarie 2021 252 keer gelees
A. Antwoord
Ek dink die vraag verwys na garsspruite. Hierdie is ’n goeie voer, maar, ongelukkig baie hoog in vog (± 90%) wat voeinname sal beperk en is ook duur op ’n droë-materiaal basis.  

As gevolg van bg. beveel ons die groenvoer as deel van ’n voermengsel aan. Hiermee ’n voorgestelde mengsel vir kalwers vanaf 100kg tot sowat 200kg. 

150kg Voermol SS 200 (V8592) 
 50kg Voermol Procon 33 (V12701) 
300kg Groenvoer 
400kg Mieliegruis 
200kg Lusernhooi 1 100  

Hierdie is ’n volledige voer en moet ad lib. gevoer word. 

Geskryf deur: 
Ulrich Müller 
Nasionale tegniese bestuurder 
Voermol Voere
20 Januarie 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier