BVG_Logo
BEAN 20/09 5080 54,00
CORN 20/09 2182,4 23,40
SOYA 20/09 5781 10,00
SUNS 20/09 5481 30,00
WEAT 20/09 4687 0,00
WMAZ 20/09 2874,8 42,80
YMAZ 20/09 2735 39,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 07/05 4429 -0,25
Beeste AB2/3 07/05 4261 -0,59
Beeste B2/3 07/05 3900 -0,08
Beeste C2/3 07/05 3811 -0,37
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 07/05 2750 -10,00
Goats - kids (below 45kg) 07/05 3091 3,86
Pluimvee (Bevrore) 07/05 2530 -0,28
Pluimvee (Vars) 07/05 2602 -0,15
Pluimvee IQF 07/05 2332 3,40
She goats 07/05 3041 -29,40
Skaap A2/3 07/05 6435 0,16
Skaap AB2/3 07/05 5393 2,00
Skaap B2/3 07/05 5485 0,45
Skaap C2/3 07/05 4854 1,52
Skaap Feeder Lamb 07/05 3215 -1,74
Speenkalf 07/05 2668 -0,19
Spekvarke 07/05 2070 0,14
Varkwors 07/05 1506 -0,60
Vleisvarke 07/05 2188 0,14
V: Wat is die verskil tussen serwituut-pypleiding en reg van waterleiding?

My buurman het 'n serwituut tot die fonteinwater uit die fontein in 'n berg. Die verdeeldam is op my eiendom. Ons is vier aandeelhouers in die water. Die notariële akte van 1926, soos na verwys in die titelaktes, omskryf sy regte as serwituut tot 1/5de aandeel tot water en reg tot waterleiding (wat eers vore was waarin water geloop het).

Toe ek eiendom erf het sy water in 'n pyp geloop bo-op die grond. My akte verwys nie na enige reg tot toegang oor my eiendom na sy serwituut van water nie. Die wet sê hy het reg tot redelike toegang? Wat is redelik?

Wat is die verskil tussen 'n pyplynserwituut en 'n reg tot waterleiding? Hy maak nou aanspraak op 'n serwituut vir sy pyplyn en eis sleutels van my persoonlike hek waardeur hy 10 jaar beweeg het wat redelik op aanvraag oopgemaak is.

Hy het kom vra om die pyp te vervang en ons het mondelings ooreengekom dat die pyp ondergrond geplaas moet word en die sloot vir die nuwe pyp slegs met die hand gegrawe moes word om skade aan natuur en bome te beperk.

Met die ooreenkoms in plek het hy een helfte van die sloot met die hand laat grawe en toe sonder my toestemming en kennis op my eiendom gegaan en groot stuk natuur voor "serwituut" en binne "serwituut" vir ander helfte van pyp my natuur totaal ontbos en die verdelingsdam sonder toestemming gebreek om nuwe pyp in te plaas.

Ek voel hy kry nou meer water as 1/5de aandeel? Wat is my regte?

Deur: Hanlie du Toit23 Julie 2019 334 keer gelees
A. Antwoord
Soos u verduidelik het u buurman die reg tot 1/5 de van die water uit die fontein. Die water uit die fontein word tans in die verdeeldam opgegaar. U buurman beskik oor 'n waterserwituut, naamlik 'n reg tot waterleiding. 

Dit behels die reg om water vanaf of die fontein, of die verdeeldam op u grond (die dienende eiendom) na sy grond ( die heersende eiendom) te lei. 

Die water kan in 'n oop leivoor of in pype na sy grond aangebring word. Die term vir hierdie serwituut is servitus aquaeductus of serwituut van waterleiding.  

Vir doeleindes van sy serwituut het hy die reg van toegang tot u eiendom (die dienende grond) om die water te aan te bring. Hy is dus geregtig op 'n sleutel om toegang tot die verdeeldam te verkry. Dit vorm deel van sy serwituut van waterleiding. 

Indien u hom hierdie reg sou ontneem, sou hy die hof kon nader en 'n spoliasiebevel (besitsversteuring) teen u verkry wat u verplig om hierdie serwituut ongestoord aan hom te verleen.  

Indien die water met 'n pypleiding na sy grond aangebring word, is hy verplig om die pypleiding te vestig en in stand te hou. Die uitoefening van sy serwituut moet met redelike optrede gepaard gaan. 

Hy mag dus nie die verdeeldam in die proses beskadig nie en u sou hom vir herstelkoste aanspreeklik kan hou. U vraag of die grawe van die sloot met 'n slootgrawer onredelike optrede behels, sal van omstandighede afhang, maar mens se gevoel is dat dit nie as onredelik beskou kan word om 'n sloot hiervoor met 'n slootgrawer te grawe nie.  

Ten einde te verseker dat hy nie meer as 1/5 de van die water onttrek nie, kan u van hom vereis om 'n watermeter op sy koste te installeer en indien hy daarmee sou versuim, kan u 'n meter op sy koste installeer. 

U sal hiervoor voldoende kennis aan hom moet gee dat, indien hy sou versuim, u 'n meter gaan installeer om die die hoeveelheid water te meet, en hy vir die koste daarvan aanspreeklik sal wees.

Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

06 Augustus 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier