BVG_Logo
BEAN 15/06 7540 50,00
CORN 15/06 3588 -39,00
SOYA 15/06 7103 -47,00
SUNS 15/06 8220 -22,00
WEAT 15/06 4945 0,00
WMAZ 15/06 3158 -3,00
YMAZ 15/06 3280 -21,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 11/06 16228 -0,01
Beeste A2/3 11/06 5339 -0,02
Beeste AB2/3 11/06 5120 0,00
Beeste B2/3 11/06 4776 0,02
Beeste C2/3 11/06 4470 -0,04
Ewes (Goats) 11/06 4404 0,07
Feeder Lamb 11/06 4708 0,11
Kids (under 30kg) 11/06 6867 -0,15
Large (above 40kg) 11/06 4200 0,10
Medium (30-40kg) 11/06 6412 -0,44
Pluimvee (Bevrore) 11/06 2795 0,04
Pluimvee (Vars) 11/06 2725 0,04
Pluimvee IQF 11/06 2668 0,00
Skaap A2/3 11/06 9352 0,00
Skaap AB2/3 11/06 7912 -0,01
Skaap B2/3 11/06 7258 -0,03
Skaap C2/3 11/06 7071 -0,01
Speenkalf 11/06 3745 0,05
Spekvarke 11/06 2822 0,04
Varkwors 11/06 2315 -0,04
Vleisvarke 11/06 3000 0,00
V: Wat is in lupiene wat die ooi se melk dik maak?
Wat is in lupiene wat die ooi se melk dik maak? Kan hoë proteïene melkverlies veroorsaak?
Deur: .10 Mei 2021 195 keer gelees
A. Antwoord
Lupienesaad is afkomstig van peulgewasse wat deel vorm van wisselbou in die Overberg saaistreek. Daar is verskeie kultivars van wit, geel of blou/pers blomme. Binne in elke kultivar kan daar bitter- of soetlupiene wees. 

Lupienesaad is ‘n uitstekende dubbeldoel grondstof wat beide energie (11 tot 13 MJ ME/kg) en proteïen (30% tot 40%) voorsien. Verder het lupiene unieke koolhidraateienskappe met lae vlakke stysel (wat gereeld verkeerdelik so hoog soos 10% gerapporteer word) asook hoë vlakke oplosbare en onoplosbare nie-stysel polisakkariede. 

Potensiële beperkings
Alkaloïede: Die bitterheid in ‘bitter’ lupiene is as gevolg van die teenwoordigheid van hoë vlakke alkaloïede (1% tot 2%) wat toksies kan wees. Die meer moderne kultivars (‘soet’ lupiene) bevat baie laer vlakke alkaloïede (0.1%) wat dit veilig vir diere maak. Hierdie vlakke kan verder verlaag word deurom die saad oornag in water te welk. 

Oligosakkariede 
Lupiene kan baie hoë vlakke oligosakkariede (4% tot 20%) bevat wat nadelige gevolge het vir die gesondheid van diere (wat winderigheid veroorsaak), voerinname en groeiprestasie. 

Hoë vlakke oplosbare proteïen: die hoë oplosbaarheid (60%) en verteerbaarheid (75% tot 85%) van proteïen en aminosure in die grootpens kan lei tot 'n lae metaboliseerbare proteïen waarde of deurvloeiproteïen waarde. 

Studies het gewys dat slegs 3% stikstof en 2% essensiële aminosure is in die derm van skape opgeneem. Hierdie swak beskikbaarheid van aminosure gee aanleiding tot swak bieskwaliteit wat dik, donker geel en taai is. 

Gevolglik kan die lam nie suip nie – lamoorlewing daal. Verder kom dit voor asof daar baie melk is weens die geswelde uier, maar daar is geen. Kwaliteit proteïenbronne met ‘n hoë aminosuur-beskikbaarheid (soos Voermol Maxiwol en Voermol Procon 33) is van kardinale belang tydens die laat-dragtige periode (6 weke voor lam) om kwaliteit bies te verseker asook piek melkproduksie. 

Vermy die gebruik van lupiene tydens die laat-dragtige periode, maar gebruik graag in prikkellekke en laktasielekke. 

Insluitingsvlakke van ‘soet’ lupiene
Lammers: tot en met 30%. 

Ooie: 15% tot 30%; nie vir laat-dragtige ooie nie; let wel moet in kombinasie met hoë kwaliteit proteïenbronne (deurvloeiproteïen) gevoer word. 

Suiwelkoei: 20% tot 25% (gemaal vir hoë-produserende koeie); let wel melkproteïeninhoud kan daal. 

Voerkraalkalwers: 20% tot 25% (kan heel gevoer word). Vlakke hoër as 70% het spysverteringstoornisse soos ligte diarree en anoreksie tot gevolg gehad.

Geskryf deur Dr. Josef van Wyngaard, Tegniese Bestuurder, Voermolvoere (Josef.vanWyngaard@tongaat.com)
10 Mei 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier