BVG_Logo
BEAN 22/09 6945,4 62,40
CORN 22/09 3052,2 22,20
SOYA 22/09 7635 115,00
SUNS 22/09 9750 -59,00
WEAT 22/09 7100 60,00
WMAZ 22/09 3175 14,00
YMAZ 22/09 3335 20,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 17/09 16716 -0,01
Beeste A2/3 17/09 5160 0,00
Beeste AB2/3 17/09 5097 0,02
Beeste B2/3 17/09 4890 0,00
Beeste C2/3 17/09 4450 0,00
Ewes (Goats) 17/09 4604 0,07
Feeder Lamb 17/09 4306 0,05
Kids (under 30kg) 17/09 6645 0,03
Large (above 40kg) 17/09 3863 0,05
Medium (30-40kg) 17/09 5265 0,09
Pluimvee (Bevrore) 17/09 2878 -0,03
Pluimvee (Vars) 17/09 2865 -0,03
Pluimvee IQF 17/09 2666 0,00
Skaap A2/3 17/09 8871 0,03
Skaap AB2/3 17/09 7827 0,01
Skaap B2/3 17/09 7334 0,03
Skaap C2/3 17/09 6903 0,06
Speenkalf 17/09 3811 0,00
Spekvarke 17/09 2554 0,00
Varkwors 17/09 2149 -0,05
Vleisvarke 17/09 2759 -0,11
V: Watter aanvulling kan ek my kalwers gee?
Ek het ‘n klompie kalwers wat ek voor die winter wil speen en verneem graag watter aanvullings ek moet gee?
Deur: .10 Mei 2021 900 keer gelees
A. Antwoord
Hierdie tyd van die jaar behoort die grasveld in ‘n uitstekende toestand te wees na die goeie reën wat oor die grootste dele van die somerreënvalgebied geval het. Onder sulke toestande behoort kalwers voor die winter speengereed te wees, sonder enige aanvulling. 

‘n Goeie fosfaatlek vir die koeie behoort voldoende te wees. Indien die veldgehalte egter vinnig voor speen sou afneem, is dit die moeite werd om ‘n produksielek of kruipvoer te gee. Beide opsies voorsien bykomende energie wat nodig is vir die behaling van teikengewigte oor ‘n kort tydperk. 

Die eerste opsie is kruipvoer vir die kalwers. Dit is belangrik dat slegs die kalwers toegang het tot die kruipvoer, sodat die voerkoste in bedwang gehou word. Kruipvoerinname kan tussen 1kg en 3kg per kalf per dag wissel, afhangend van die ruvoergehalte en die kalf se gewig. 

Enige klein kampie kan as ‘n kruipvoerhok dien en kan bestaan uit twee ou hekke met twee kruiphekke (laterale openinge van rondom 40 tot 50cm elk) wat regoor mekaar geplaas is sodat die kalwers gemaklik in en uit kan beweeg. 

Die voerbakke in die kruiphokke moet voorsiening maak vir voldoende vreetspasie van nagenoeg 15cm per kalf. Kruipvoer moet onbeperk gegee word, maar voervermorsing en -weiering moet tot die minimum beperk word deur daagliks vars kruipvoer uit te sit. 

Kruipvoermengsel: 
200kg Voermol SB100 (V4498) 
50kg Voermol Procon 33 (V12701) 
750kg gemaalde mielies 

Die tweede opsie is ‘n produksielek teen beperkte innames. Beide die koei en kalf sal toegang hê tot die lek. Hierdie opsie sal moontlik nie dieselfde kalfgewigsrespons uitlok as die kruipvoeropsie nie, maar sal nietemin resultate toon. 

Klaargemengde opsies: 
Voermol Supermol (V7267) teen 1.2kg/koei/dag terwyl die veld nog groen is. 
Voermol Produksielek (V10108) teen 1.6kg/koei/dag wanneer die veld begin verkleur. 
Voermol Energieblok (V11456) teen 1.6kg/koei/dag terwyl die veld nog groen is. 

Selfmeng-opsies: 

Dundee-opsie teen 1.5kg/koei/dag. 

- 250kg Voermol Dundee Lekkonsentraat (V10737) 
- 50kg Voermol Procon 33 (V12701) 
- 50kg Voermol Rumevite 12P (V11994) 
- 400kg gemaalde mielies 
- 150kg sout 

Premix 450-opsie teen 1.5kg/koei/dag. 

- 400kg Voermol Premix 450 (V4676) 
- 50kg Voermol Procon 33 (V12701) 
- 50kg Voermol Rumevite 12P (V11994) 

- 500kg gemaalde mielies

Geskryf deur Dr. Josef van Wyngaard, Tegniese Bestuurder, Voermolvoere (Josef.vanWyngaard@tongaat.com)
10 Mei 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier