V: Wegdoening van leë pestisiede houers
Wat doen ek met die plastiese houers waarin onkruiddoders en plantplaagmiddels was?
Deur: .05 Januarie 2021
282 keer gelees
A. Antwoord
Crop Life Suid-Afrika, in samewerking met plastiese verwerkers, het ‘n sisteem in werking gestel om leë plastiese houers waarin plantplaag middels was, te versamel en te prosesseer op ‘n wetlike en verantwoordelike wyse.
05 Januarie 2021
Al die besonderhede is beskikbaar op www.croplife.co.za onder die afdeling “Resources” en onder die hofie “Waste Management”:
Lys van CropLife SA goedgekeurde plastiese kollekteerders en herverwerkers
Riglyne vir die skoonmaak en wegdoening van plastiese houers
Waarskuwings oor plastiese houers
Riglyne vir herverwerkers
As die pestisiede houer leeg is, maak dit soos volg skoon by die sproeitenk:
Maak die houer tot ‘n kwart vol met skoon water
Skud die houer vir 30 sekondes
Gooi die water uit in die sproeitenk
Herhaal die uispoelproses twee keer
Sny die houer in kwarte en laat droog word
Raak ontslae van die materiaal op die volgende wyse:
Kontak die naaste Crop Life SA prosesseerder die naaste aan jou
Reël vir die aflewering van die plastiese materiaal by die verwerker of vir die kolleksie op die plaas
Maak seker dat die plastiese verwerker ‘n geldige sertikaat van goedkeuring van Crop Life SA aan jou toon
Dring daarop aan dat ‘n Crop Life SA sertifikaat van goedgekeurde vernietiging van die materiaal aan jou gegee word
Moet onder geen omstandighede die volgende doen nie:
Die houers begrawe of verbrand nie
Die houers skenk vir hergebruik nie
Die houers gebruik vir diere se lekke of water nie
Crop Life goedgekeurde pestisiede houer kollekteerders en herverwerkers
https://croplife.co.za/Collectors_Recyclers
Inligting verskaf deur Crop Life Suid-Afrika, https://croplife.co.za/ContainerDisposal
Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn
082 446 8946
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier