BVG_Logo
BEAN 27/10 6470,8 -9,20
CORN 27/10 2682,4 -0,60
SOYA 27/10 8550 0,00
SUNS 27/10 8105,2 -15,80
WEAT 27/10 4904 0,00
WMAZ 27/10 3750 -50,00
YMAZ 27/10 3615 -44,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 23/10 4986 0,00
Beeste AB2/3 23/10 4771 0,00
Beeste B2/3 23/10 4424 0,00
Beeste C2/3 23/10 4186 -0,02
Ewes (Goats) 23/10 4556 -0,73
Feeder Lamb 23/10 4154 0,02
Kids (under 30kg) 23/10 6194 -0,16
Large (above 40kg) 23/10 3682 0,54
Medium (30-40kg) 23/10 4877 -0,16
Pluimvee (Bevrore) 23/10 2549 0,00
Pluimvee (Vars) 23/10 2491 0,00
Pluimvee IQF 23/10 2380 0,00
Skaap A2/3 23/10 8636 0,02
Skaap AB2/3 23/10 7376 0,04
Skaap B2/3 23/10 6783 0,00
Skaap C2/3 23/10 6717 0,01
Speenkalf 23/10 3659 0,00
Spekvarke 23/10 2903 -0,07
Varkwors 23/10 2302 -0,31
Vleisvarke 23/10 3185 -0,09
V: Wie is verantwoordelik vir skade aan heining?
Ek het ’n wildsheining op eie koste opgerig tussen my en my buurman. Die heining grens aan sy mielieland, wat hy uitverhuur. Sy huurder het Desembermaand, toe hy plant, die een stutpaal omgery en sodanig skade aangerig dat die diere nou sonder probleem deur die heining kan beweeg. Die kwotasie vir herstelwerk beloop R18 000.

My buurman reken egter dit is nie sy probleem nie en dat ek die probleem met sy huurder moet opneem. Ek het hom verskeie keer versoek om die heining te herstel en hy weier net want hy sê dit is nie sy probleem nie. As ek reg verstaan sê die wet ek kan hom nie dwing om vir die oprigting ‘n heining by te dra as hy self nie voordeel daaruit trek nie. Maar kan ek aandring dat hy die skade wat sy huurder aangerig het herstel?
Deur: .30 September 2020 257 keer gelees
A. Antwoord
Die omheiningswet bepaal waar 'n heining of hek onbedoeld of nalatig beskadig is, moet die verantwoordelike persoon dit herstel of die koste verbonde aan die herstel van die heining of hek dra, of andersins kan hy of sy ’n boete of gevangenisstraf opgelê word. 

Die verantwoordelike persoon in hierdie geval sal die huurder wees wie se werknemer, terwyl hy in die diens van die huurder opgetree het, die heining beskadig het. 

Rig jou eis vir skade aan die huurder. Die feit dat jou heining ‘n wildheining is, verander nie aan die feit dat die persoon wat dit beskadig, aanspreeklik vir die volle herstelkoste daarvan is nie. 

 *Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
30 September 2020
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier