BVG_Logo
BEAN 22/02 4677 45,00
CORN 22/02 2077 30,00
SOYA 22/02 4779 11,00
SUNS 22/02 5255 55,00
WEAT 22/02 4362 -22,00
WMAZ 22/02 2716 -22,00
YMAZ 22/02 2590 15,00
AMT_Logo
Beeste A2/3 18/02 3997 -9 892,50
Beeste AB2/3 18/02 3859 2,72
Beeste B2/3 18/02 3707 1,33
Beeste C2/3 18/02 3736 0,74
Bokke – Jong (Bo 45Kg) 18/02 2500 0,00
Goats - kids (below 45kg) 18/02 3800 0,00
Pluimvee (Bevrore) 18/02 2500 -1,38
Pluimvee (Vars) 18/02 2563 -1,06
Pluimvee IQF 18/02 2315 -0,70
She goats 18/02 2200 -1,38
Skaap A2/3 18/02 6291 0,52
Skaap AB2/3 18/02 5828 -4,65
Skaap B2/3 18/02 5566 -2,45
Skaap C2/3 18/02 5426 -7,53
Skaap Feeder Lamb 18/02 3300 -7,46
Speenkalf 18/02 2860 -6,72
Spekvarke 18/02 2328 2,43
Varkwors 18/02 1843 -1,60
Vleisvarke 18/02 2543 1,47
V: Wettige ooreenkoms geld steeds al sterf een van die partye
Ek is 'n gewone plaasarbeider. Ek werk al sowat 18 jaar op 'n plaas. Toe ek net sowat 'n jaar op die plaas begin werk het, het die eienaar my n skaapooilam gegee, waarmee ek begin boer het. Ons het 'n ooreenkoms geteken dat my skaap op die plaas mag wei en nie meer as 15 skape mag word nie. Hierby het ek streng gehou. As my skape meer as 15 geword het, moes ek daardie skape aan die eienaar se slaghuis verkoop.

Agt jaar gelede het die eienaar gesterf. Alles het stil gestaan. Ek mag nie van my skape verkoop het nie. Dus het my skaap meer geword. Nadat eienaar gesterf het,  het ek vir ses jaar na die plaas gekyk en geboer sonder enige toesig of bestuurder. Intussen het my skape gegroei tot 60 diere.

Die eienaar se seun het nou die plaas oorgeneem hy het 'n probleem dat my skape te veel is. Hy het 25 skape  sonder my toestemming geneem en vir die slaghuis geslag. Hy wil nou nog 20 skape van my vat. Dis glo om die kostes te dek vir die oorbeweiding.

Is die ooreenkoms wat ons aanvanklik aangegaan het steeds geldig, hoewel van die betrokkenes oorlede is?

Mag van my skape geneem word om weidingkostes te dek? Ek voel dis te veel skape wat hiervoor geneem is.
Deur: Piet04 Januarie 2019 1162 keer gelees
A. Antwoord

Die ooreenkoms wat julle geteken het waarin u regte en verpligtinge uiteengesit was ten opsigte van die skape wat u mag aanhou, geld vandag steeds in dieselfde formaat. U mag steeds slegs 15 skape aanhou en die res moet u verkoop. Indien die nuwe eienaar tans die oorledene se slaghuis bedryf, is hy verplig om die ekstra skape teen markwaarde van u te koop.

Die nuwe eienaar is nie by magte om u skape te “vat”, sonder om die markwaarde, of ander ooreengekome bedrag, aan u te betaal nie. U is dus geregtig op vergoeding vir die diere.

As die beweerde "koste vir oorbeweiding" nie in die kontrak ingeskryf was nie, is die nuwe eienaar nie by magte om u skape sonder betaling te neem vir weidingskoste nie.

U moet daarvoor betaal word. U oorspronklike ooreenkoms is dus nog steeds van toepassing.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

18 Januarie 2019
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier