BVG_Logo
BEAN 20/09 6958 0,00
CORN 20/09 3050 -31,00
SOYA 20/09 7635 35,00
SUNS 20/09 9790 90,00
WEAT 20/09 6575 335,00
WMAZ 20/09 3191 -11,00
YMAZ 20/09 3347 -18,00
AMT_Logo
Ave Wool (clean) 17/09 16716 -0,01
Beeste A2/3 17/09 5160 0,00
Beeste AB2/3 17/09 5097 0,02
Beeste B2/3 17/09 4890 0,00
Beeste C2/3 17/09 4450 0,00
Ewes (Goats) 17/09 4604 0,07
Feeder Lamb 17/09 4306 0,05
Kids (under 30kg) 17/09 6645 0,03
Large (above 40kg) 17/09 3863 0,05
Medium (30-40kg) 17/09 5265 0,09
Pluimvee (Bevrore) 17/09 2878 -0,03
Pluimvee (Vars) 17/09 2865 -0,03
Pluimvee IQF 17/09 2666 0,00
Skaap A2/3 17/09 8871 0,03
Skaap AB2/3 17/09 7827 0,01
Skaap B2/3 17/09 7334 0,03
Skaap C2/3 17/09 6903 0,06
Speenkalf 17/09 3811 0,00
Spekvarke 17/09 2554 0,00
Varkwors 17/09 2149 -0,05
Vleisvarke 17/09 2759 -0,11
V: Kan 'n huiseienaarsvereniging reëls afdwing?
Ons het ‘n eiendom gekoop in Kranspoort-vakansiedorp. Die akte is ‘n voltitel met geen beperkings nie. Die huiseienaarsvereniging se reëls word egter op die inwoners afgedwing. Is reëls van die geldig, al is daar geen verwysing van die reëls in die akte genoem nie? Ons betaal ook ‘n levy aan dié vereniging.
Deur: Elma Jansen van Vuuren07 April 2021 664 keer gelees
A. Antwoord
Komplekse soos Deeltitelskemas of Huiseienaarsverenigings beskik oor gedragsreëls wat bepalings oor die aanhou van troeteldiere bevat. Die reëls of die verwysing daarna verskyn nie in die eienaar se transportakte nie. Die transportakte bepaal wel dat die eienaar ‘n lid van die Huiseienaarsverening moet wees, en by implikasie is die eienaar dan gebind aan die reëls van die vereniging. 

‘n Eienaar van ‘n deeltiteleiendom is uit hoofde van die Deeltitelwet gebind aan die gedragreëls uitgevaardig ingevolge die wet. In beide gevalle kan die reëls bepalings bevat oor die aanhou van troeteldiere. 

Komplekse waar 75% van die eienaars besluit het dat geen troeteldiere aangehou mag word nie, se reëls is in hierdie opsig is afdwingbaar en eienaars sal dan geen troeteldiere daar mag aanhou nie. Waar so ‘n spesiale besluit nie geneem is deur ‘n kompleks se eienaars nie, mag ‘n eienaar by die beheerliggaam of Huiseienaarsvereniging aansoek doen vir verlof om ‘n troeteldier aan te hou en so ‘n versoek deur die eienaar mag nie onredelikerwys deur die beheerliggaam of Huiseienaarsvereniging geweier word nie. 

‘n Eienaar sou so’ n vereniging hof toe kan neem oor ‘n onredelike weiering. ‘n Goedkoper opsie vir ‘n eienaar is om die vereniging se besluit om te weier na die Ombudsman van Deeltitelskemas en Huiseienaarsverenigings vir ‘n beslissing te verwys. Indien ‘n vereniging goedkeuring vir die aanhou van ‘n troeteldier verleen, kan voorwaardes vir die aanhou van die troeteldier opgelê word. 

Dit is raadsaam om wanneer ‘n eiendom gekoop word, ingelig te word oor wat die reëls bepaal ten opsigte van die aanhou van troeldiere. Dis ook raadsaam om ingelig te wees oor die hele stel reëls wat op ‘n kompleks van toepassing is.

Butch van Blerk is direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
29 April 2021
Kyk in die Indeks na alle antwoorde om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Ons kan ongelukkig nie vae en baie algemene navrae beantwoord nie.
Ons kommentaarbeleid

LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier