Drie mans wat verlede week aan die Wes-Rand in hegtenis geneem is, kan moontlik met die bedrywighede van ’n misdaadsindikaat wat die afgelope tyd vir ’n reeks ontvoerings en kapings in Gauteng verantwoordelik was, verbind word.
“Die drie is verlede Donderdag in hegtenis geneem. Twee vermoedelik gekaapte voertuie, asook twee ongelisensieerde vuurwapens (’n AK-47 en pistool) en ammunisie, is in hul besit gevind,” sê kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng.
“Die mans, wat moontlik met tien kapings verbind kan word, sal dié week in die landdroshof in Soweto op aanklagte van ontvoering, kaping en diefstal verskyn.”