Kuier

Dié bestanddeel is ’n must-have

akkreditasie

Almal ken mos ’n Angostura Rock Shandy. Dis so lekker ligte drankie, perfek om jou dors te les op daai warm somerdae, wanneer ’n mens sport kyk saam met die familie, of ’n Saterdag braaivleisvuur aansteek. Dit bestaan uit net drie bestanddele, en Angostura aromatic bitters is die hoeksteen daarvan: Meng ewe veel lemonade en soda water, en voeg dan ’n ruim skoot bitters by. Daarsy! Jou rock shandy is reg.

Kyk net hoe maak hulle dit hier: 

Wat is bitters?

Dis ’n mengsel gespesialiseerde kruie en alkohol wat bekend is daarvoor om drankies geur te gee. Enige drankkabinet moet so ’n bottel hê, want dit word nie net in rock shandies gebruik nie, maar ook in ’n hele rits ander cocktails. Daarby hou die bottel lekker lank, want dis gemaak met ’n drupper en meeste cocktails het net ’n bietjie op ’n slag nodig. Angostura aromatic bitters en kroegmanne beveel aan dat jy 4 – 6 skote ingooi, maar hoe meer, hoe lekkerder!

Top tips met bitters

Wil jy weet hoe om jou bottel bitters te gebruik? Hier is ’n paar wonderlike wenke van Angostura aromatic bitters:

  • Bitters-ys: In plaas daarvan om in elke glas met bitters te gooi, sit dit in jou ysbakkies. Dit hou drankies koud en voeg diepte by enige drankie. Kies jou gunstelingysvorms, gooi ’n paar druppels bitters in, maak vol met water en vries soos gewoonlik.
  • Lekker garnering: Sitrus werk die beste saam met Bitters. Jy kan vars suurlemoen of lemmetjie gebruik, of jy kan jou eie sitrus droog. Wanneer jy die droë sitrus in die vog sit, sal dit weer water trek en geur vrystel wat nóg diepte gee aan die cocktail. Droog vrugte in die oond: Stel die oond op sy laagste, sny die sitrusvrug in medium skywe, plaas op bakpapier en sit dit in die oond. Kyk elke 30 minute hoe lyk die vrugte, maar verwag dat dit so paar uur sal neem voor dit heeltemal uitgedroog is.

Wen!

Jy staan ’n kans om een van hul Lazy Rock Shandy-stelle te wen. Dit bevat ’n rock shandy beker, bottel Angostura aromatic bitters en mixers. Om in te skryf, volg hulle op Facebook en Instagram, sowel as die hutsmerke #AngosturaRockShandy #AngosturaNakedRockShandy en hou jou oë oop vir besonderhede en instruksies.

Jy kan ook vir die groot kompetisie inskryf waar jy een van vier groot cocktail-ervarings by bekende kroeë kan wen, elk ter waarde van R5 000. Die deelnemende kroeë is Cause Effect Cocktail Kitchen and Cape Brandy bar (Kaapstad), Lucky Shaker (Durban), The Landmark en Sin + Tax (albei Johannesburg). Om in te skryf, gaan na www.AngosturaRockShandy.co.za en sê vir hulle wat is die hoeksteen van ’n Angostura Rock Shandy. Die kompetisie sluit 30 Oktober 2020.

Volg hulle op Facebook by Angostura South Africa en op Instagram by @AngosturaZA .

Nie te koop aan persone onder 18 nie. 

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.41
+0.0%
Rand - Pond
19.93
-0.1%
Rand - Euro
16.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.83
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,786.05
+0.2%
Silwer
24.42
+0.5%
Palladium
2,087.30
+0.8%
Platinum
1,063.22
+1.1%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
60,348
0.0%
Alle aandele
66,895
0.0%
Hulpbronne 10
63,203
0.0%
Industriële 25
85,486
0.0%
Finansiële 15
14,008
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos