Een van RSG se gewildste omroepers, Amore Bekker, verlaat die radiostasie ná sowat 20 jaar om nuwe horisonne te verken.
Bekker, die aanbieder van Alhoebekker, sal dié oggendprogram vir die laaste keer op 28 April van 09:00 tot 12:00 aanbied.
Bekker, wat destyds ’n dramagraad verwerf het, is ’n vernuwende uitsaaier wat ook ’n aantal topverkoperboeke gepubliseer het wat op haar programme en insetsels geskoei is.