In Blou moord, die derde boek in François Bloemhof se Ludo Labuschagne-wiedoenit-reeks, wag ’n ingehoue gil wat lank ná die laaste bladsy by jou sal bly spook, skryf Jonathan Amid.
'Blou moord' deur François Bloemhof. Uitgewer: Lapa. Prys: R290.
François Bloemhof skryf al meer as 25 jaar – en een van die juwele in sy kroon is gewis die loslit Ludo Labuschagne-wiedoenit-speurreeks.