KYK WEER | Irna van Zyl gesels oor haar boek ‘Op ’n mooi dag’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Kyk weer na Penguin Random House en Netwerk24 se aanlyn gesprek met Irna van Zyl oor 'Op ’n mooi dag'. Karin Brynard het met haar gesels.

Teken in op Netwerk24.com of laai die app af.

Meer oor die boek

Irna van Zyl, bekend vir haar misdaadromans, pak in haar nuutste boek die sielkundige riller. Louw en Kristien is die twee heldinne in Op ’n mooi dag. Die verhaal fokus op hul verhoudings: met mekaar, met hul gemeenskaplike vriende, maar ook veral met Louw se skaduagtige familie.

Kristien se grootste vrees word bewaarheid wanneer Louw ná ’n werkgeselligheid nie terugkom huis toe nie. Verskeie vrae maal in haar gedagtes: Was Louw in ’n ongeluk, het sy ’n affair, is sy ontvoer, aangerand of lê sy dood êrens? Of het hul rusie vroeër die dag iets met haar verdwyning te doen?

Toe breek die nuus van ’n man wat in ’n Kaapse hotel vermoor is. Dieselfde aand wat Louw by dié hotel was. En die vermoorde was boonop vroeër dié dag die gasspreker by haar werksgeleentheid.

Het Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat 21 jaar gelede voor hul huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? ’n Voorval wat Louw ’n groot sielkundige knou gegee het.

Deur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.

Op ’n mooi dag word beskryf as ’n “page-turner” en is ook in Engels beskikbaar as One Fine Day.

Dis die langste wat ek nóg moes raai oor wie die moordenaar is, net om heeltemal verkeerd te wees. Van Zyl ken haar stede, sy ken haar platteland en sy ken haar intrige!
Kabous Meiring

Meer oor die skrywer

Irna van Zyl is die skrywer van die gewilde misdaadromans Moordvis, Gifbeker en Bloedsteen. Op ’n mooi dag is haar eerste sielkundige riller. Sy is ’n bekende mediapersoonlikheid en was ’n redakteur en entrepreneur. Van Zyl het talle pryse vir haar werk ontvang, onder meer die Orde van Tafelberg vir haar sakeprestasies. Sy woon in Kaapstad en Hermanus.

Karin Brynard sal met Irna van Zyl gesels oor haar nuwe boek.

Bestel Op ’n mooi dag (Penguin Random House) deur Irna van Zyl by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos