Esme Mittner, skrywer en eertydse verhaleredakteur van die tydskrif Sarie, is Sondagaand in Hermanus in die ouderdom van 92 jaar oorlede.
Volgens haar dogter, Hedda Mittner, redakteur van die koerant The Village News in Hermanus, het haar ma die afgelope twee jaar baie verswak.
Sy het voorheen by Hedda in Onrus gewoon, maar het later in ’n sorgsentrum in Hermanus gebly.