“Natuurlik is daar nie maklike antwoorde of ’n sogenaamde vyfpuntplan om die wonde, verliese en gebrokenheid van die afgelope twee jaar te genees nie. Maar daar is hoop, aangesien die wortel van nuwe groei en wysheid in die wonde lê – mits jy dit reg benader.”
So skryf Johannes de Villiers oor sy nuutste boek, Meer as jou swaarkry, wat oor bewustheid (mindfulness) handel en in Mei by Naln in Bloemfontein bekend gestel word.
Sy gespreksgenoot is Zarine Roodt, wat net soos hy haar roeping in die veld van persoonlike groei en selfverwesenliking gevind het. Daarby is albei Bloemfonteiners.