Waaroor gaan die boek?
Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik broei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog kan uitbreek. Gepantser met ouma Liesbet se raad, besluit sy kort voor haar troue om die verlowing aan Johannes Barnard te verbreek. Dis nie dat haar jare lange vriend nie goed is vir haar nie; sy is nie oortuig daarvan dat hy werklik op haar verlief is nie.