Vier dekades van die Suid-Afrikaanse kunstenaar Diane Victor kom onder die loep in die eerste monografie van haar werk.
Victor is bekend daarvoor dat sy uitdagende, moeilike en dikwels taboe onderwerpe aanpak en ook om haar satiriese en sosiale interpretasie van die komplekse Suid-Afrikaanse politiek en samelewing.
Vraagstukke soos korrupsie, geweld en magsvergrype in die openbare en politieke lewe, maar ook in intieme ruimtes, is dikwels in haar ironiese en uitdagende visier. Sy is dikwels self in haar werk teenwoordig. Haar werk is deurspek met verwysings na die mitologie en die kunsgeskiedenis.