Die sangeres Amanda Strydom het onlangs vir die eerste keer sedert 2008 ’n oorspronklike liedjie opgeneem deur die temalied van die dramareeks Mooiweer en warm te sing.
Dié reeks uit die pen van die gevierde draaiboekskrywer Paul C. Venter word tans op kykNET uitgesaai en Pieter Bezuidenhout was vir sowel die temalied as klankbaan verantwoordelik.
“Oorspronklik was daar nie ’n temalied wat gesing sou word nie,” sê Bezuidenhout.