Die Universiteitskoor van Stellenbosch het weer die boonste posisie op die gesaghebbende Interkultur-wêreldranglys ingeneem.
Interkultur het vandeesweek die jongste ranglys bekend gemaak. Die US-koor beklee reeds sedert 2012 die eerste plek op dié ranglys vir amateurkore.
“Ek is so trots op my koorlede. Hierdie erkenning vier die uitsonderlike toewyding, geesdrif en talent van ons koor die afgelope 20 jaar,” sê André van der Merwe, dirigent van die US-koor.