Die Port Elizabeth Musiekvereniging bied vir die eerste keer in Gqeberha die volledige uitvoering van die komponis Robert Schumann se sangsiklus Dichterliebe Op. 48 (“A Poet’s Love”), wat hy in 1840 gekomponeer het, aan.
Dichterliebe is die bekendste sangsiklus ter wêreld en bestaan uit 16 liedere, getoonset deur onder andere Schumann, van die Duitse digter en literêre kritikus Heinrich Heine se gedigte.
Die kunstenaars wat optree is die jong bariton James van der Merwe, wat ’n finalejaar-musiekstudent aan die Nelson MandelaUniversiteit (NMU) is. Hy word deur Hanlie Young op die klavier begelei.