Gaste op VIA se klets-en-kookprogram Stoofstories met Marinda gesels nie net oor kos nie, maar ook oor lief en leed.
Dit is dan ook die geval met Lize Beekman, Woensdagaand se gas.
“Jy is nie net ’n sanger nie. Jy is nie net ’n liedjieskrywer nie. Jy het ook ’n nuwerige liefde – die mandalas,” het Marinda Engelbrecht, aanbieder van Stoofstories met Marinda, gesê-vra.