Hy was lief vir mense en net so lief vir die kunste en die ontwikkeling daarvan. Só word Michael Maas (68), eertydse uitvoerende hoof van die Kunstekaap in Kaapstad, onthou.
Hy is Dinsdagaand in sy huis in Kaapstad aan breinkanker dood.
Hy is in 1996 aangestel om transformasie by die Kunstekaap (voorheen die Nico Malan-teater) te fasiliteer en dit te lei na ’n multikulturele instelling wat die mense van die Wes-Kaap dien. Hy was 18 jaar aan die stuur van die instelling en het in 2014 uitgetree.