Neethlingshof
Sluit by Neethlingshof aan vir ’n pretbelaaide Paasnaweek!
Hulle het soveel aktiwiteite beplan om jou dag ekstra spesiaal te maak.
Heerlike vars paasmosbolletjies sal aan elke tafel uitgedeel word – die perfekte manier om jou Paasviering in te lei. Vir die jongspan is daar ’n paaseier-soektog deur die loop van die dag.
Vir die grootmense is daar ’n spesiale paasbolletjieparing in April waar jy hul paasbolletjies met verskeie heerlike vulsels kan proe vir ’n onvergeetlike paasbederf. Dis egter nie al nie! Op Saterdag 8 April sal daar ook van 12:00 tot 15:00 musiekoptredes wees terwyl jy jou ete geniet.
Bespreek jou tafel vooraf om teleurstelling te voorkom.
Vir meer inligting of om jou plek te bespreek, skakel 021 883 8988 of stuur e-pos na info@neethlingshof.co.za. Besoek gerus ook www.neethlingshof.co.za
Rhebokskloof
Dis Paasfees-pret by Rhebokskloof!
Hul aksiebelaaide naweek word weer van 7 tot 10 April in die Paarl-wynland gehou met ’n ekstra spesiale verrassing van die Paashaas!
Vir vier pretgevulde dae kan gesinne deelneem aan ’n paaseier-soektog, ’n towerkunsvertoning bywoon, allerhande voorwerpe met ballonne maak, dans, gesigte laat verf, diere in die hansdieretuin kom ontmoet en vele meer beleef.
Op Paassondag, 8 April, word daar ’n spesiale buitelugkonsert gehou deur die internasionaal bekroonde Schönbrunn Palace-orkes van Wene! Opbrengste van die konsert word geskenk aan Fire Island Conservation ter finansiering van die bedreigde seeskilpad.
Kom vier hierdie Paasfees op ’n spesiale manier met die vreugde van gesinne, pret en lieflike musiek.
Kaartjies vir al vier dae is beskikbaar by www.rhebokskloof. co.za
Rhebokskloof
Die internasionaal bekroonde Schönbrunn Palace-orkes sal vir twee uitsondelike optredes in April 2023 by die Rhebokskloof-wynlandgoed wees.
Die orkes sal Suid-Afrika as deel van hul wêreldtoer besoek waar hulle by van die land se mees uitsonderlike venues sal optree om bewustheid te skep oor die bedreigde seeskilpad. In vennootskap met Fire Island Conservation sal opbrengste van hierdie toer hopelik help met die bewusmaking en vir fondse vir hul nood. Die nege-stuk-ensemble sal op die aand van 5 April by ’n formele aandete en bal optree. Hul tweede konsert sal in die buitelug plaasvind die namiddag van Paassondag, 8 April, waartydens besoekers ’n heerlike piekniek kan geniet. Die piekniekmandjies moet net vooraf bestel word.
Wat ’n wonderlike wyse om die seisoen en die natuur te vier. Besprekings vir beide geleenthede kan op Rhebokskloof se webblad gemaak word by www.rhebokskloof.co.za
Robertson Fat Bastard
Oor Paasnaweek is die enigste aktiwiteit wat moontlik vergelyk kan word met teug aan ’n glasie FAT bastard-wyn, om te smul aan ’n Paasfees-ete vir fynproewers.
FAT bastard is ’n handelsmerk wat weet hoe om die lewe te geniet, daarom het hulle ’n reeks resepte ontwikkel wat jou sal help om ook tuis die beste wat die lewe jou bied, te geniet.
Elke resep word afgerond met ’n perfekte wynparing om seker te maak hierdie is ’n Paasviering wat jy nie gou van sal vergeet nie.
Spring uit jou nate met FAT bastard se geregte hierdie Paastyd!
Vir meer inligting besoek gerus www.fatbastardwine.co.za
Perdeberg
Daar wag Paasfees-pret vir die hele gesin by Perdeberg-kelder.
Loer gerus dié April hier in vir lekker doendinge – die hele familie is welkom. Terwyl die jongspan paaskoekies versier, kan die volwassenes ontspan en die kelder se wye reeks wyne proe.
Daar is ook daagliks ’n spesiale Paasfees-paring vir kinders van 09:00 tot 16:00.
Vir meer inligting hieroor, skakel 021 869 1094 of stuur ook e-pos na tasting@perdeberg.co.za.
Op Sondag 9 April trakteer Eat @ Perdeberg jou op ’n feestelike Paasete. Jy kan uitsien na Kaap-Maleise kerrievis, Grieks-geïnspireerde ontbeende lamsboud met al die bykosse, en ’n smullekker paasbolletjiebroodpoeding. As deel van die dag se aktiwiteite, word die kleingoed bederf met ’n paaseiersoektog en towerkunsvertoning.
Voorafbespreking is noodsaaklik. Stuur e-pos na dine@perdeberg.co. za of skakel 021 020 1626.
Besoek www.perdeberg.co.za vir meer inligting.
Laborie
Vier Paasnaweek met ’n heerlike piekniek saam met familie en vriende by Laborie-wynlandgoed in die Paarl.
Van 7 tot 10 April kan gaste uitsien na seisoenaal-geïnspireerde piekniekbokse gevul met heerlike lekkernye en paashappies soos kerrievis, paasbolletjies en natuurlik ook paaseiers.
Grasperk-speletjies sal die hele naweek op die Vineyard Lawn beskikbaar wees vir oud en jonk om te geniet. Daar is ook ’n lekker speelplek vir die jongspan.
Op Maandag 10 April word die pieknieks met musiekoptredes vergesel.
Pieknieks moet vooraf deur Dineplan bespreek word.
Besoek gerus www.laborieestate.co.za vir meer inligting.