Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap vier vanjaar sy 190ste bestaansjaar en alle suiwelprodusente word uitgenooi om vir dié gesogte gebeurtenis op die landbouka-lender in te skryf.
Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, is die doel van die jaarlikse kampioenskap om uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf te erken en te bevorder. Dit is die oudste suiwelkompetisie in die land.
“Agri-Expo is trots op hierdie mylpaal en sien daarna uit om die suiwelbedryf nog baie jare te dien, aangesien hierdie kompetisie die maatstaf geword het vir produsente om hulself teen mekaar te meet,” sê hy luidens ’n verklaring.