Die internasionale bloubessiekwekery Fall Creek® het ’n nuwe hoofbestuurder aangestel wat die leisels van sy Suid-Afrikaanse tak in die Paarl oorneem.
Herman Louw sal die plaaslike span lei om Fall Creek® se voetspoor in Suider-Afrika verder uit te brei, lui ’n verklaring wat deur die maatskappy uitgereik is.
Fall Creek® se oorsprong is in Amerika en fokus hoofsaaklik op die kweek van bloubessieplante, kultivarontwikkeling en om tegniese ondersteuning aan produsente te gee.