Buiten die binnekring van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, het die nuus van nog ’n buitelandse oorname van ’n vername plaaslike produsent grootliks ongesiens verbygegaan.
Villiera, een van Stellenbosch se bekendste en suksesvolste kelders wat spesialiseer in die maak van Cap Classique-vonkelwyn, is onlangs aangeskaf deur die Franse mega-wyngroep Grands Chais de France.
Dit bring ’n half hartseer einde aan die rol wat die Grier-familie gespeel het om binne 40 jaar Villiera tot een van die sigbaarste en mees prominentste name in Kaapse wyn uit te bou.