Vandag is die laaste dag vir die Beeld-Kinderfonds om sy doelwit van R3 miljoen te bereik.
Slegs R25 504 is kort om dié mylpaal te behaal.
“Baie dankie aan elkeen wat tot dusver tot die Beeld-Kinderfonds bygedra het, ons glo die laaste bietjie sal ook inkom. Jou bydrae word gebruik om 24 ontwikkelingsprojekte te ondersteun wat sowat 6 500 kinders toerus met vaardighede om uit die siklus van armoede en welsynafhanklikheid te breek,” sê Adrie van Staden, uitvoerende hoof van die Beeld-Kinderfonds.