Hoërskoolleerlinge het nog altyd gestres, maar dr. Santa Josling, wat al nege jaar die skoolsielkundige by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria is, sê tieners se ervaring van spanning het die afgelope paar jaar veel meer intens geraak.
“Covid het ’n rol gespeel in die gemoedstoestand van tieners, dit is asof hulle momentum verloor het. Tieners sê my reguit hulle het ‘lui’ geword. Hulle stel uit en sukkel met tydsbestuur.
“Dit veroorsaak spanning en angstigheid.”