Seekoei is laaste geskape en was bekommerd oor die Afrika-son op sy sensitiewe vel. Daarom vra seekoei toe vir God of hy in die water mag bly, maar God is bekommerd dat daar reeds té veel viseters rondom die Chobe-rivier woon. Seekoei moes toe belowe hy sal nooit-ooit vis eet nie.
En dis hoekom seekoeie so gereeld hul kake hemelwaarts oopsper.
“Hulle wys God daar is nie vis in hul monde nie,” vertel Gilbert Mafwila, ons Namibiese veldgids.