Direk nadat sr. Zelda van Niekerk, wat tans as ’n verpleegster in die neonatale intensiewesorgeenheid (NICU) van Mediclinic Panorama werk, aan die Hoërskool Monument Park in Kraaifontein matrikuleer het, het sy haar BA-graad in maatskaplike werk aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.
Sy was daarna vir 12 jaar ’n maatskaplike werker, waarvan sy vier en ’n half jaar in Suid-Afrika en daarna sewe jaar oorsee in die Verenigde Koninkryk gewerk het.
“Dit was baie uitdagend en ek moes gereeld by klinieke en hospitale aandoen, maar die mediese sy van die werk het my altyd interesseer. Ek het in Augustus 2011 my diploma in verpleging deur Mediclinic Panorama begin en in November 2015 voltooi. Daardeur het ek ook meer praktiese ervaring opgedoen, wat my vir die werk voorberei het.