Die ANC se nuwe president sal waarskynlik ter wille van eenheid gedwing word om iemand van die “ander kant” as adjunk in te sluit. En dit voorspel niks goed vir die land én die ANC nie, skryf Theuns Eloff.
Met Nasrec 2017 se konferensie nou slegs dae weg, is dit steeds nie duidelik wie teen 20 Desember die nuwe ANC-president sal wees nie.
Ná die afsluiting van die benoemings deur provinsies en takke, is daar twee duidelike voorlopers, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma en Cyril Ramaphosa.