Silverfox Snake Rescues het van 15 September 2021 tot 18 April minstens 240 slange in Worcester en die omliggende gebiede gevang.
Die diens word gratis aan die gemeenskap gelewer.
André du Preez, eienaar, sê die volgende vyf dae gaan besonder warm wees en hy sal na verwagting dan nog slange moet verwyder. “Ek vermoed dat ek op so 260 slange sal eindig.”