Hy was ’n goeie man en het nie verdien om só dood te gaan nie.
So het Linda Mostert, ’n familievriendin van Hannes van Dyk (59) van Phalaborwa, Woensdag gesê.
Van Dyk is Saterdag dood nadat hy in die vroeë oggendure glo ernstig aangerand is in die Royal Bliss Bar op die dorp. Hy en vriende was Vrydagaand en Saterdagoggend in die kuierplek in Palmstraat.