Suid-Afrikaners kan vir ’n kort rukkie ’n sug van verligting slaak met slegs fase 2-beurtkrag wat Sondag tussen 05:00 en 16:00 toegepas sal word.
Die “goeie nuus” is Saterdagmiddag deur Eskom in ’n verklaring bevestig.
Volgens die kragvoorsiener sal hy fase 4-beurtkrag van Saterdagmiddag 16:00 tot Sondagoggend 05:00 toepas. Hierna sal fase 2-beurtkrag tot en met 16:00 toegepas word, waarna fase 3 tot Maandagoggend 05:00 sal geld.