Bloemskou is uiteindelik ná ’n gemis van twee jaar met ’n knal terug en het boonop ’n rekordgetal besoekers in die eerste paar dae gelok.
Dat dié skou waarlik vanjaar plaasvind, was vir Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof, nog onwerklik tot die oggend dat dit geopen is.
“Ek staan in verwondering,” sê sy, oor ’n uitdagende tyd waarin alles uiteindelik netjies in plek geval het.