Die nasionale staking van die werkersvakbond Nehawu is Woensdag steeds volstoom aan die gang.
Lede van Nehawu is op soek na ’n 10%-verhoging in salarisse en dit is Woensdag dag drie van die nasionale staking.
In KwaZulu-Natal en Gauteng word veral hospitale se ingange deur stakende werkers afgesper. By die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg is dokters en ander mediese personeel deur die stakende werkers verhoed om die hospitaal te betree.